Onse vaders
'n Huisroof loop skeef in 'n miljoenersbuurt van Stellenbosch. Die slagoffer, 'n aantreklike rooikopvrou, se vernielde lyk word na skool deur haar kinders ontdek. Kaptein Albertus Markus Beeslaar besoek die pragtige Bolandse dorp van gewels, geld en wyn en word teen sy sin betrek by die moordondersoek. Saam met die formidabele luitenant Vuyukazi "Vuvu" Quebeca word elke kultuur- en geldklip in die "fraai" dorp omgedop op soek na die moordenaar. Eenduisend-vyfhonderd kilometer noord van Beeslaar beland sersant Johannes Ghaap in Soweto - 'n lewensgevaarlike plek vir buitestanders ...soos Ghaap. Maar daar's nie tyd om behoorlik ingebreek te raak nie, want Ghaap moet gaan soek na 'n vrou en haar kind wat in 'n motorkaping ontvoer is en iewers in hierdie vreemde plek van miljoene sinkhuisies aangehou word. In die proses moet hy 'n bose sangoma genaamd The Father aandurf, 'n man met so 'n wrede reputasie dat die meeste mense glo hy is 'n blote versinsel ...
-
Autore:
-
Editore:
-
Anno:2012
-
Rilegatura:Paperback / softback
-
Pagine:512 p.
Le schede prodotto sono aggiornate in conformità al Regolamento UE 988/2023. Laddove ci fossero taluni dati non disponibili per ragioni indipendenti da Feltrinelli, vi informiamo che stiamo compiendo ogni ragionevole sforzo per inserirli. Vi invitiamo a controllare periodicamente il sito www.lafeltrinelli.it per eventuali novità e aggiornamenti.
Per le vendite di prodotti da terze parti, ciascun venditore si assume la piena e diretta responsabilità per la commercializzazione del prodotto e per la sua conformità al Regolamento UE 988/2023, nonché alle normative nazionali ed europee vigenti.
Per informazioni sulla sicurezza dei prodotti, contattare productsafety@feltrinelli.it