Ten Slotte
Eben Etzebeth is die speler wat al die meeste toetswedstryde in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis gespeel het. Op die veld word hierdie slot se intelligensie, energie en aggressie gerespekteer en bewonder. Hy is lid van die senior Springbok-leierskapspan, en speel ’n groot rol in ’n ongelooflik suksesvolle era wat twee agtereenvolgende Wêreldbekers en die groep se huidige posisie van twee jaar boaan die wêreldranglys insluit. In hierdie eerlike en onderhoudende vertelling beskryf Eben van die vernaamste faktore van sy sukses, en hoe hy gefokus bly – op en van die veld af. Van sy nederige kinderjare in Goodwood – ’n voorstad van Kaapstad waar niks maklik kom nie – regdeur sy vroeë klubloopbaan, tot by sy swaar verdiende plek in die Suid-Afrikaanse nasionale span, vertel Ten Slotte die persoonlike kant van sy loopbaan, en wat dit geverg het om ’n wêreldkampioen te word.
-
Autore:
-
Editore:
-
Anno:2025
-
Rilegatura:Paperback / softback
-
Pagine:336 p.
Le schede prodotto sono aggiornate in conformità al Regolamento UE 988/2023. Laddove ci fossero taluni dati non disponibili per ragioni indipendenti da Feltrinelli, vi informiamo che stiamo compiendo ogni ragionevole sforzo per inserirli. Vi invitiamo a controllare periodicamente il sito www.lafeltrinelli.it per eventuali novità e aggiornamenti.
Per le vendite di prodotti da terze parti, ciascun venditore si assume la piena e diretta responsabilità per la commercializzazione del prodotto e per la sua conformità al Regolamento UE 988/2023, nonché alle normative nazionali ed europee vigenti.
Per informazioni sulla sicurezza dei prodotti, contattare productsafety@feltrinelli.it