My eerste leesboek
Voorwoord Hierdie e-boek is doelbewus sonder enige illustrasies (behalwe vir die een hierbo). Dit dien as 'n hulpmiddel om jong lesers op te lei hoe om te lees en daar word spesifiek op die woorde gefokus sodat die kinders se aandag nie deur die illustrasies afgetrek kan word nie. Dit is ’n groot stap na afloop van die leer van die alfabet en die fonetiek van elke letter. Dit begin met drieletter-woorde en beweeg dan na vier en vyf letters en 'n paar groter woorde. Dan word daar na hierdie spesifieke woorde gekyk in die gebruik van volledige sinne. Dit help wanneer die kinders hierdie woorde verbaliseer en só die woorde memoriseer deur dit gereeld te gebruik. Dikwels memoriseer kinders woorde deur middel van illustrasies in plaas daarvan om die woord te lees. Woorde wat rym word ook doelbewus in hierdie boek geskommel ten einde dit meer uitdagend te maak. Ek is tans besig om ’n tweejarige te leer lees, wat my gemotiveer het om hierdie boek te skryf. Hy het reeds die alfabet onder die knie, klein- en hoofletters en die fonetiek daarmee saam. Dit was moeilik om eenvoudige “woordeboeke” sonder enige illustrasies op te spoor om as die aanknopingspunt te gebruik. Hiermee dien hierdie boek as ? hulpmiddel om hom te leer en ek is seker daar is ander mense wat ook hierby sal baat. Ek hoop u vind dit as ? nuttige hulpmiddel vir jou jong leser.
-
Autore:
-
Editore:
-
Formato:
-
Lingua:AFR
Formato:
Gli eBook venduti da Feltrinelli.it sono in formato ePub e possono essere protetti da Adobe DRM. In caso di download di un file protetto da DRM si otterrà un file in formato .acs, (Adobe Content Server Message), che dovrà essere aperto tramite Adobe Digital Editions e autorizzato tramite un account Adobe, prima di poter essere letto su pc o trasferito su dispositivi compatibili.
Cloud:
Gli eBook venduti da Feltrinelli.it sono sincronizzati automaticamente su tutti i client di lettura Kobo successivamente all’acquisto. Grazie al Cloud Kobo i progressi di lettura, le note, le evidenziazioni vengono salvati e sincronizzati automaticamente su tutti i dispositivi e le APP di lettura Kobo utilizzati per la lettura.
Clicca qui per sapere come scaricare gli ebook utilizzando un pc con sistema operativo Windows